Nicolaas Matthys Walters

ab2c1d1e6f1g13h1i1

 
         
       

Nicolaas Matthys Walters, gebore op 12 Desember 1950 in Parow, het in 1968 gematrikuleer  aan die Hoërskool Strand. Hy studeer verder aan die Universiteit van Stellenbosch en verwerf ’n meestersgraad in fisika in 1974. Nicolaas verwerf sy doktorale graad in 1986 en voltooi ook ’n meestersgraad in besigheidsadministrasie in 1993. Sy navorsingsloopbaan strek vanaf dosent en navorser by die Fakulteit van Geneeskunde aan die Universiteit van Stellenbosch, navorser en bemarkingsbestuurder by die WNNR tot by uitvoerende direkteur van die Mediese Navorsingsraad (MNR). Hy is tans  direkteur en strategie-konsultant by die Strategy Institute of South Africa. 

Nicolaas is 'n trotse negende generale Walters. Sy stamvader, Samuel Walters, kom as soldaat in diens van die VOC in 1695 in die Kaap.

Nicolaas was ook  lid van die bestuur van die Wes-Kaapse Tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GSSA) en is betrokke by verskeie familiegeskiedenis- en genealogie-projekte. Hy bestuur tans die WEB vir die Durbanville Erfenis stigting en het veskeie publkasie die lig laat sien oor ou historiese plase in die Tygerberge. Tans dien hy op die VOC Stigting se komitee.

 
           
                             
 

My Grootouers: Matthys Nicolaas Walters en Maria Jacomina Eelders

 

 

 

My ouers: Nicolaas Walters en Margartetha Susana Brink.

 

 

My wonderlike twee kinders : Nicolas en Dorette Walters. Nicolas, 'n 10 de generasie Walters dra met trots die naam van stamvader Samuel se tweede seun.