Stamvader Samuel Walter(s) van Pressburg, Slowakye

 

Slowakia het in 1994 onafhanklik geword met Bratislawa as hoofstad.      

 

Geboorte Plek

Samuel Walter(s) is waarskynlik gebore in Pressburg, vandag Bratislawa, die hoofstad van die nuwe Slowaakse republiek en geleë langs die Donau rivier. Slowakye was vroeër deel van die Hongaarse Ryk en het ‘n ryke en komplekse geskiedenis wat strek oor duisende jare. Hy word groot in Pressburg. Lees meer oor sy tydvak.

 
Pressburg (Bratislawa)  gedurende Samuel se jeug.      
  

Vaart na die Kaap

Samuel Walter(s)  word aangestel as soldaat in diens van die VOC. Hy vertrek vanaf Amsterdam op ‘n kleiner boot na die eiland Texel van waar die groot skepe vertrek na die Ooste.  Samuel vertrek op die 19 Desember 1695 vanaf Texel op die Assendelft onder die kapsteinskap van Sijbrand Visser.  Die skip kom in Tafelbaai aan op 27 Julie 1696 en vertrek weer op die 22ste Augustus na Ceylon.  Daar was 225 mense aanboord waarvan 29 gesterf het op die vaart na Cabo de Goede Hoop.

'n Pinas. Soortgelyk aan die boot waarmee Samuel gevaar het.

 

Van Soldaat tot Vryburger

Samuel was werksaam by die "Perdestal" in die Kasteel in 1705. Hy word uitgeleen as arbeider aan Samuel Elsevier, sekundes of onder goewerneur, vanaf 1707 to 1710. Samuel verkry  vryburger status op 24 Februarie 1711. Op 23 Maart 1711 tree hy in die huwelik met Maria Van Der Westhuizen, die weduwee van Cornelis Gerritz Van Nieuwe(n)kerke(n), die stamvader van al die Van Niekerks.  Al die Walterse en Van Niekerks het dus dieselfde stammoeder.

 

Perdestalle by die Kasteel waar Samuel werksaam was

Die Walters- Stamplaas

Samuel Walters gaan boer in die Tygerberg omgewing na sy huwelik met Maria van der Westhuizen.   Hy koop die plaas De Tijgerberge in 1714 van Jan De La Fontaine vir 18 500 Gulden. Die plaas de Tijgerberge was as vrypagplaas gegee aan Elsie Van Zuurwaarde in 1698. De Tijgerberge het dus reeds goed gevestigde wingerde en vee gehad. De Tijgerberge is vandag die bekende wynplaas, Altydgedacht. Die drie Walters seuns, Daniel (1712), Nicolaas (1714) en Stephanus Sebastiaan (1716) word gebore en word saam met die Van Niekerks kinders groot op de Tijgerberge (Altydgedacht). De Tygerberge kan dus as die Walters stamplaas beskou word.

Die oorspronklike kelder waar hy al wyn in 1714 gemaak het. Gaan drink'n glasie wyn op ons stamvader.      
     

. Boer en skepper van ons Walters fondasie

Samuel, soos baie ander boere, verkry weilisensies om sy kudde te laat wei. Sy eerste weilisensie verkry hy op  9 September 1711 om skape te laat wei in die Blaauw Berghen omgewing.  Samuel verkry die plase  Bloemendal en  Stellenberg deur sy huwelik met maria Van Der Westhuizen wat die plase van haar vorige man, Corneliz Van Niekerk, ge-erf het. Benewens De Tijgerberge, koop Samuel die plaas Allesverlooren in 1720 van Cornelis Olivier vir 3 000 Gulden.  Die plaas is geleë teen die hange van Kasteelberg in Riebeek kasteel  en is vandag nog ‘n bekende wynplaas.    Maria dit verkoop die plaas in 1728, na Samuel se dood.  Samuel se klein seun koop egter weer later die plaas terug.  Samuel, verkoop Bloemendal in 1722 aan sy skoonseun, Anthonij Van Rooijen.  Samuel sterf op 13 Desember 1725 op 52 jarige ouderdom, waarskynlik op die plaas Drooge Vallei (vandag bekend as Droe Vallei ) tussen Durbanville en Malmesbury

 

Handtekening van Samuel asook die van ander boere in die Tygerberg omgewing. Let op dat hy teken as Walter en nie Walters.