Maria Van Der Westhuizen. Stammoeder van die Van Niekerk- en Walters-Families

 

 

 

Maria se herkoms

Pieter Van Der Westhuizen, van Brugge in Vlaandere, kom na die Kaap as soldaat voor 1662 en tree in die huwelike met Maria Hendriks Wikelhausen van Duitse oorsprong, en weduwee van Hendrik Barends, op 18 November 1673.   Maria , ons stamoeder, een van sewe kinders, word gedoop op die 6de Oktober 1675 en word groot op die vrypagplaas, later beken as Kronendal  in Houtbaai.   Die landerye van Kronendal was tot onlangs die oudste bestaande landerye in Suid-Afrika!.  Dit is merkwaardig dat die landerye waar sy as jong dogter gespeel onlangs nog  nog bewerk was. 

Kronendal opstal  in Houtbaai  gebou op die fondamente van Pieter V d   Westhuizen se huis. 
De Tijgerberge 21600
Drooge Vallei 15000
Hoorenbos 8900
Zeekoeivallei 1209

 

 

Boervrou en stammoeder

Maria tree in die huwelik met Cornelis Van Niekerk op 1 April 1691 op 15 jarige ouderdom. Haar eerste kind, Aletta word gebore in 1693 wat trou met Anthonij Van Rooijen, en later Bloemendal koop by Samuel Walters.   Op 23 Maart 1711 tree sy in die huwelik met Samuel Walters  wat die plaas, De Tijgerberge (vandag die bekende wynplaas, Altydgedacht) aankoop. Drie Walters seuns, Daniel (1712), Nicolaas (1714) en Stephanus Sebastiaan (1716) word gebore en word saam met die Van Niekerks kinders groot op De Tijgerberge (Altydgedacht). Na Samuel se dood op 13 Desember 1725, boer sy suksesvol voort en bekom ook die plaas Drooge Vallei en Hoorenbos. Teen 1731 het sy 35 slawe, 1400 skape en 25 000 wingerstokke besit. Sy sterf as welgestelde vrou in Augustus 1734 en laat 84 000 Gulde na.

 
Maria se plase (Waarde in Gulde)      
 

Maria se Testament

Maria stel haar testament op, op die 10 April 1726, kort na Samuel se dood.  In die testament versoek sy dat die sewe seuns elkeen ‘n slaaf kry:  “uit eiegen beweging als een Donatie Causa Mortis te skenken bij desen aan haar kinderen, de volgende slaven en slavinne zoo als deselfde sijn geprokureerd namens…”.  Die res van die slawe word na haar dood verkoop op die Vendu veiling in 1734. Die slawe word gelys in die slaweregister en toon aan die plaas waar hulle gewoon het asook die verkoop prys in Riksdaalders. Sien die Walters-Slaweregister.

 
Slawe wat nagelaat was aan die sewe seuns      
Seun  Plaas
Gerrit V Niekerk Mosselbank
Johannes V Niekerk Brakkefontein
Pieter V Niekerk Hoorenbos
Bernardus V Niekerk Sandvliet
Daniel Walters Slot van Paarl
Nicolaas Walters Meerendal
Stephanus Walters DE Grendel
 

Ons nalatenskap

Maria se boedel word finaal afgehandel op 31 Augustus 1737.  Sy laat ‘n boedel na van 84 211 Gulden na wat in vandag se terme meer as R 10 miljoen beloop.  Elk van die sewe seuns ontvang 8 643 Gulden, bo en behalwe die 12 000 Gulden wat die Van Niekerk seuns reeds ontvang het uit Samuel se boedel en die Walters seuns ontvang ook nog elk 5 000 Gulde uit Maria se boedel wat Samuel in trust gelaat het.  Elk van die seuns ontvang dus 12 000 Gulde  hulle ouers wat ‘n relatiewe fortuin was in daardie jare, danksy Cornelis Van Niekerk, Samuel Walters en Maria Van Der Westhuizen.  Elk van die seuns koop hulle eie plase en dra by tot die ontwikkeling van die Kaapse ekonomie. 

 

Die sewe seuns se plase wat hulle aangekoop het van hulle erfporsies.