Walters-Boek

( Die volgende kan afgelaai word)
Voorwoord

Inleiding

Die Walters Familie-Boek is beskibaar vanaf 1 Januarie  2006 teen R 250 per boek.  Die boek beskryf die historiese konteks waarin die Walters nageslagte geleef het, vanaf Pressburg in Slowakia waar die Stamvader, Samuel Walters, gebore was in 1673, sy vaart op die Assendelft vanaf Nederland tot Kaapstad in 1695 en die verspreiding van sy nasate tot en met die agste generasie. Die agste generasie word gebore rondom 1900 wat die lesers  dus maklik in staat sal stel om sy/haar  familie-register te voltooi. Die geslagregister (tot en met die 11 de generasie) word op hierdie WEB-Tuiste getoon en gereeld opgedateer soos die navorsing vorder. Posgeld is R 15 vir gewone pos en R 30 vir een dag toonbank tot toonbank aflewering.  Kontak my vir meer inligting, bestellings en betaling reelings.

Nico Walters :  Sel 0824487789  :     E-pos nico@waltersfamilie.co.za

Walters Bydraes publikasies en inligting

Ek wil graag die Walters WEB-Tuiste uitgebrei om inligting te publiseer van Walters-bydaes en navorsing,  persoonlike WEB-tuistes van Walterse asook WEB-Tuistes te skep vir Walters-takke en baie meer.  Hou maar hierdie spasie dop en stuur asseblief enige inligting aan. Besoek gerus die ander Walters-Inliging bladsy. Ou fotos, kopië van ou dokumente ens. is baie welkom en sal erken word. Onthou ons bewaar die inligting vir ons Walters nageslag!

Stuur inligting aan nico@waltersfamilie.co.za

Walters-Nuusbrief

Ek verneem graag of daar 'n belangstelling is om 'n Walters-familie nuusbrief op die been te bring. Ander familie-bonde het suksesvol sulke nuusbriewe gepubliseer. Die doel is om familie inligting soos byvoorbeeld sterftes, geboortes, troues, prestasies, interessante  staaltjies, familie byeenkomste ensovoorts te publiseer.  Laat weet of ek so iets moet aanpak en hulp is natuurlik ook welkom ! Bosplaas, Bakenfontein of Voorspoed Walterse .. wat van 'n lekker Walters  saamtrek en opskop op een van julle plase ?

Kontak my asseblief: Nico Walters  Sel 0824487789 E-pos nico@waltersfamilie.co.za