Australiese-Diaspora

Van Tulbagh tot Wes-Australië

 
         

 

   

Derde Stamouer

Die derde stamouer   Hendrik Johannes Walters trou met   Magdalena Catharina Reyneke op 19 April 1829 in Tulbagh. Hendrik sterf jonk op 37 jarige ouderdom op die plaas   Amakwaseiland naby  Tulbagh op  1 October 1842 en laat vyf minderjarige kinders na.

 
         

 

 

Noord-Kaap Stamouer

Hendrik se eerste seun,  Adam Johannes Reyneke Walters, word gebore  in 1830 and trou  Maria Jacoba Magdalena Smuts op 23 Julie 1850.  Adam verkoop sy plase, Leuwenvlei en Wolwekraal naby  Riebeek-Kasteel, asgevolg van droogte en vee verliese.  Adam het besluit om na die Noord-Kaap te trek as  transport drywer. Adam het die stamvader geword van al die Noord-Kaapse-Walterse wat strek vanaf Victoria-Wes, Loxton, Carnarvon, Van Wyksvlei en omgewing. Vir meer inligting raadplaag die Walters-Familieboek .

 
  Adam Walters werk as togryer soos   die trein uitbrei oor die Noord-Kaap.      

 

 

 

Alida Johanna Walters- Stammoeder van verkeie Australiese families

Hendrik se seun, Samuel Hendrik David (*1840), word gebore kort voor sy vader se dood. Samuel  Hendrik David trou met Susanna Petronella Reyneke. Al hulle eerste drie seuns sterf jonk Hulle dogter, Alida Johanna Walters (*1881) trou met  Carleton Brailey, en emigreer na  Australië in 1913 om 'n nuwe  Australiaanse Diaspora tot stand te bring. Samuel Hendrik David koop die bakkery  van die bakkker  Frans Nicolaas van Wyk's se vrou in 1891. Samuel was 'n transportryer en sy vrou 'n kleremaker. Sy eerste vrou, Susanna Petronella Reyneke, sterf  in 1894 en hy trou   Helena Aletta Visser. Haar naam en bordjie kan gesien word in 'n foto geneem deur  Elliot vroeg in die eeu. Gabriel Christiaan Theron het hierdie eiendom gekoop van die  insolvente boedel van Samuel Hendrik David.

 
  Die huis van  Samuel Hendrik David.      

 

 

Oude Bakkerij in Tulbagh

Alys Fane Troter, die English dame het in die jare 1896-1898 met haar trapfiets deur die Boland gereis  en was lief om ons volksboukuns te skets.  Sy het juis Samuel Walters se huis gekies om te teken en het haar verwonder aan die rare gedraaide koorsteentjie.  Na die aardbeweing van  1969 is die herd asook die gedraaide skoorsteen herbou soos dit op 'n  Pierneef-houtsnee van 1929 langsaan gesien kan word.  Die huis kan vandag nog besigtig word en staan bekend as die   “Oude Bakkerij”.

 

 

Pierneef se houtsnee vanf Samuel Hendrik David se huis in 1929.

     

 

 

Walters nageslag word weer boere in Australie

Carleton and Alida's se seun , Samuel Walters Brailey, gebore in Flagstaff in Pondoland in 1911 (Transkei), word 'n  suksesvolle boer in Manjimup, Wes-Australia.  Die plaas heet Langverwaght. Alida se dogter, Julia, trou met  James Lee (*1929). Hulle dogter, Julia Doreen Lee, (Moulds) is the skrywer van Shifting the pieces.

 

 

Carleton Brailey en Alida Walters. Die meisie in die middel is  Julia Brailey die moeder van Doreen Moulds.

     

 

 

      

 

Doreen Moulds -Walters afstammeling en skrywer in Australie

Doreen Moulds en haar man bly  in Lesmurdie, West-Australië. Sy skryf tans 'n boek oor haar navorsing wat gelei het tot Shifting the Pieces.. Haar boek, Shifting  the Pieces, in haar eie woorde is: "a rich tapestry of family life. Its immediate setting is the District of Warren in Western Australia but its roots go back to England in 1855, in particular to Bishops Tawton in Devon, and Doreen’s great-grandfather Her memoirs and research unfold a story of travel and hope, love and dedication across paddocks and continents, not only through the members of her own forbears, the Braileys (and  Walters), but also through the lives of other settlers who made up the community based just north of Manjimup known as Linfarn. Doreen has brought her subjects to life and it is easy to Conjure up a picture of her family around the fire, scrambling for light from the single lamp so they can study and read, safe under the roof that is riddled with bullet holes."

 
  Doreen Moulds, maak die deur oop van haar oupa grootjie se woning in Tulbagh..      

 

Shifting the Pieces

 

Shifting the pieces

Ek beveel hierdie boek aan wat die wonderlike geskiedenis van ons voorouers en hulle Christelike waardestelsel beskryf. Sonder hulle deursettingsvermoë en geloof sou ons nie vandag hier gewees het nie. Dankie aan  Doreen wat ons weer herinner het aan ons familiewaardes en met ons die Waters-Australiese skakel gedeel het.  Hierdie bladsy is my bydrae aan  Alida Walters and haar Australiese nageslag.

ISBN 0 957 8580 4 3